Hierdie gedeelte in die graad 10, 11 en 12 Pat verskil bietjie van mekaar. Maar die basiese grondslag bly die selfde; alles wat jy in jou program gebruik moet WAARDE toevoeg tot jou program.
Gr 10:
Jy moet 'n deeglike beskrywing insit van al jou veranderlikes en komponente hê. Jy kan dit in tabel vorm doen of jy kan bullets gebruik om die komponente en die veranderlikes te lys EN te beskryf! Jy moet noem hoekom jy bv. Bitmap buttons gebruik vir exits.
Bv: Watter waarde voeg dit toe? "Dit maak dat al die exits, of reset buttons in my program uitstaan, bietjie kleur in het, 'n herkenbare logo/prentjie het wat my program meer gebruikersvriendelik gaan maak deur die knoppies herkenbaar te maak op elke bladsy.
Gr 11 en 12:
Databasisontwerp
Sit screenshots in van jou databasis se tabelle in designview en datasheetview en beskryf hoekom jy dink al jou die velde is relevant en hoekom jy die spesifieke datatipe en grootte van velde gekies het. Beskryf watter entiteite jy gekies het vir elke databasis tabel en hoe dit WAARDE toevoeg tot jou program. Vra die vraag: "So what?" elke keer. Bv: Ek het 'n databasis met 'n tabel wat oor my werkers by 'n supermark gaan. Een van die velde is ouder dom. vra dan "So What?" Hoekom is daardie veld dan belangrik. Antwoord: want dan kan ek pensioen / vakansie dae bereken gebaseer op die werkers se ouderdomme.
Tekslêer(s) en Skikking(s)(arrays)
Sit 'n screenshot of voorbeeld van jou beplande tekslêer / array in en verduidelik hoekom jy daardie spesifieke data in 'n tekslêer/ array wil uit lees of wil stoor in een. Ek weet die PAT riglyne sê jy moet of uit 'n tekslêer uit lees of in een stoor maar dis beter om een van elk in te sit. Jy hoef nie die wiel te herontwerp nie. Kyk na die voorbeelde in jou handboek, pas dit toe op jou PAT sodat jy dit net op 'n kreatiewe manier moet aanpas om by jou idee in te pas. Gebruik ook meer as een array as jy kan. Een lokale array, een globaal, een konstant, een dinamies, etc.
Gr 12 julle kan julle 2Dimensionele arrays gebruik in enige scenario waar jy rye en kolomme kan gebruik: bv. die spreking van stoele in 'n teater/ saal vir 'n opvoering of vertoning. Ry 14 sitplek B etc. Of jy kan Weke en dae gebruik as rye en kolomme om dalk aan te dui dat werkers 5 dae 'n week moet werk maar dat alle werkers nie altyd op die selfde dag begin werk nie.
Slegs gr 12
Klasbeskrywing en klasdiagram
Sit 'n UML diagram in van jou klas en weereens beskryf hoe die klas waarde toevoeg tot jou program deur spesifiek te verwys na die doel van OOP programmering, modulêre programmering; Dit maak die verander/opgradering van kode makliker deur kode wat met mekaar te doen het of 'n spesifieke werk verrig saam te groepeer. Dit maak ook hergebruik makliker sodat ons die selfde stukke kode meer as een keer kan roep en nie elke keer oor en oor hoef uit te tik nie. Dit maak jou kode veiliger sodat net sekere klasse of gedeeltes van jou program toegang het tot sekere waardes. Dit verbeter die leesbaarheid van kode as kode in stukkies gegroepeer is.
Verwys spesifiek na jou attributes en metodes in die konteks van jou program. Hoekom voeg dit waarde by tot jou program?
Comments