Nw Gr 8
Selfstudie tydens Corona!
Boodskap aan IT-leerders:
Hier sit ons nou. Jy is by die huis en eintlik panic jy so bietjie oor jou IT punt. Jy sal nou self bietjie moet lees en leer.
Ek glo absoluut aan die volgende drie dinge:
-
Jy kan vir jouself IT leer as jy 'n handboek het. Jy kan dit self lees uit die handboek.
-
As jy nie die "IT werk" verstaan nie, kan jy dit memoriseer en dan sal die verstaan gedeelte van self kom. 'n Wyse skoolhoof het my eendag vertel dat daar 'n rede is hoekom die ou handboeke "Ken en Verstaan" genoem was.
Memoriseer die stukkies code soos 'n papegaai! Die gloeilampie sal eventually aangaan! Elke stukkie code wat jy leer is soos 'n tool in 'n toolbox. Hoe meer tools jy het, hoe meer probleme kan jy oplos. Alle probleme het 'n oplossing!
Sterkte en lekker Leer!