top of page
Search
Dié IT Juffie

Graad 10 tot 12 PAT fase 1 scope

Die eerste paragraaf in jou PAT is bedoel om die program wat jy gaan skryf volledig te kan beskryf. As jou onderwyser of enige iemand anders dié paragraaf lees moet hulle presies weet hoe jou program gaan werk en watter dienste dit gaan bied.

Jy moet die volgende beskryf:

Watter tipe program dit is. Wie gaan die program gebruik?

Watter dienste gebied gaan word. In ‘n gr11 of 12 PAT kan jy hier noem hoe jy jou databasis gaan implementeer.


Onthou altyd dat jou databasis of enige ander struktuur/ komponent wat jy in jou Program gebruik moet waarde toevoeg tot jou program.


Jy moet nie hier die hele databasis/ komponente bespreek nie maar net ‘n kort beskrywing.

Daar word in die assesseringsinstrument genoem dat jy beperk word tot ongeveer 200 woorde.


Dit is eintlik bietjie min. Jy kan dit eerder bietjie oorskry as wat jy te min skryf. Onthou dat elke klein puntjie in jou PAT optel na die groot totaal en dat jy baie punte kan score met die PAT! Moenie lui wees nie!


Ek het ‘n klompie voorbeeld PATs onder die file resources gelaai waarna jy kan kyk. Daar is wel BAIE geleentheid vir verbetering onder die voorbeelde.

19 views0 comments

Recent Posts

See All

Errors in Programs Mr Long Youtube

Mr Long het 'n Oulike werkkaart en videos gemaak hoe om foute in jou kode op te spoor. Dis basies die hele hoofstuk 5 in die...

PAT fase 1 Datastrukture

Hierdie gedeelte in die graad 10, 11 en 12 Pat verskil bietjie van mekaar. Maar die basiese grondslag bly die selfde; alles wat jy in jou...

Comments


bottom of page